Ons Skool
Boodskap van die hoof
Langenhoven Gimnasium: Jou eerste keuse in die Klein-Karoo / Suid-Kaap
By Langenhoven Gimnasium glo ons dat elke kind die reg op kwaliteit onderrig in hul moedertaal – Afrikaans het. As ’n toonaangewende Afrikaanse skool in die Klein-Karoo en Suid-Kaap, streef ons voortdurend na uitnemendheid in alles wat ons aanpak.
Ons skool funksioneer binne ’n raamwerk van Christelike waardes en beginsels, met ’n sterk fokus op respek, dissipline en verantwoordelikheid. Hier skep ons ’n ruimte waar elke leerder kan groei – akademies, sportief, kultureel én persoonlik.
Ons bied ’n uitgebreide vakkeuse aan, sodat leerders die vryheid het om hul eie unieke pad te kies – of dit nou in ’n akademiese, tegniese of handelsrigting is. Ons klaskamers en tegniese laboratoriums (werkswinkels) is modern en uitstekend toegerus om betekenisvolle leer te ondersteun en elke leerder die geleentheid te gee om sy of haar volle potensiaal te bereik.
By Langenhoven Gimnasium glo ons in balans. Ons integreer akademie, sport en kultuur om ‘n holistiese opvoeding te verseker – een wat nie net kennis bou nie, maar karakter vorm. Ons kampus is netjies, veilig en leerdervriendelik – ‘n plek waar leer en leef in harmonie plaasvind.
Ons koshuise vir seuns, dogters en laerskoolleerders is tuistes vir baie van ons plattelandse leerders en bied ‘n sorgsame, gestruktureerde omgewing waar vriendskappe blom en onafhanklikheid ontwikkel.
Wat Langenhoven Gimnasium werklik besonders maak, is die mense. Onderwysers en leerders leef met omgee, waardes en passie. Ons glo dat betrokkenheid vreugde bring – ’n aktiewe Gimmie is ’n gelukkige Gimmie.
Hier by Langenhoven Gimnasium word Gimmie-wees ‘n leefwyse – een met ryk tradisies, sterk bande en ‘n nalatenskap wat van geslag tot geslag oorgedra word.
“Vreugde in Arbeid” is nie net ons leuse nie – dis iets wat ons elke dag in die gange van ons skool leef.
Carl Snyman
Skoolhoof
Visie
Om as gerespekteerde instelling ‘n gesogte skool van keuse te wees.
Missie
Leerders: Veilige en gelukkige omgewing
Akademie: Waardegedrewe prestasie-onderrig
Sport: Uitmuntende prestasie en volgehoue deelname
Opvoeders: Spesialiste in hul vakgebied(e)
Skool: Finansieel en administratief sterk
Ouers: Gelukkig en betrokke
Gimmie-personeel
Akademiese personeel

Carl Snyman
Skoolhoof

Alewyn Vorster
Adjunkhoof

Annelie Knoetze
Departementshoof

Verster Eloff
Departementshoof

Quinten Bester

Rolanda Beukes

Santie Botha

Ellari Campbell

Gerbrand de Bruin

Christine de Jager

Linza de Kock

Roné de Villiers

Ronelle Engelbrecht

Chandré Janse van Rensburg

Kie-Mari Fouché

Anene Janse van Rensburg

Ben Janse van Rensburg

Leon Janse van Rensburg

Gerhard Loots

Elmarie Niehaus

Helouise Pretorius

DP Roets

Izanna Roets

Andreas Schultz

Sonnika Stemmet

Michael Stoop

Elzaan van Blerk

Suné Roeloffze

Cameron Stronach

Dylan Bornmann

Ilke van der Linde

Marius Botha

Joanné Odendaal

Morné Pienaar

Anneke van Eck

Tanya Whitehorn
Administratiewe personeel

Ronel Venancio

Salomé Laubscher

Amelda Pepper

Alicia Barnard

Anel van Wyk

Henk van den Bergh

Monja Serdyn

Schalk Grobelaar

Aneke van Eck
Ander belangrike gegewens
GODSDIENSBEOEFENING
Tensy ‘n ouer uitdruklik op die toelatingsvorm aangedui het dat daar beswaar is teen godsdiensbeoefening, moet ‘n leerder dié bedrywighede bywoon. Ons is ‘n christelike instansie wat daaraan glo dat ons ons christenskap op ‘n daaglikse basis prakties uitleef.
LIGGAAMLIKE OPVOEDING
Liggaamlike Opvoeding is as komponent van Lewensoriëntering verpligtend vir alle leerders wat nie om mediese redes vrygestel is nie. Leerders moet in die voorgeskrewe kleredrag liggaamsoefeninge doen. Indien ‘n leerder gedurende een spesifieke lesuur nie aan die oefeninge mag deelneem nie, moet die ouer sodanige leerder van ‘n brief ter verduideliking voorsien.
VAK- EN/BEROEPS- EN STUDIELEIDING
Bogenoemde word aan die leerders deur ‘n onderwyservoorligter, graadhoofde en elke vakondenwyser gegee. Ouers word uitgenooi om vakkeuses en probleme van leerders met ons te kom bespreek. Reëlings word via die skoolhoof getref. Persoonlike en individuele leiding word jaarliks aan leerders t.o.v. veral vak- en beroepskeuses gegee.
STUDIE
Daar is ‘n groot sprong tussen gr. 7 en gr. 8 en dit verg groot inspanning aan die kant van die leerder om gou en goed aan te pas. ‘n Graad 8-leerder behoort daagliks minstens 2.5 uur tuis aan skoolwerk te bestee. In die hoër grade moet hierdie ure geleidelik vermeerder word tot minstens 4.5 uur vir ‘n senior leerder. Hersiening moet ‘n integrale deel van elke dag se studiesessie vorm.
ONDERRIGGELD
Verpligte onderriggeld word gehef en is maandeliks, kwartaalliks of jaarliks vooruitbetaalbaar. Daar kan om ‘n korting of vrystelling van onderriggelde aansoek gedoen word. Hierdie aansoeke moet by die finansiële sekretaresse ingedien word. ‘n Bewys van die ouer(s) se bruto jaarlikse inkomste moet die voltooide aansoekvorm vergesel. Goedkeuring is net geldig vir die betrokke jaar waarvoor aansoek gedoen is.
BYWONING
Dit is absoluut noodsaaklik dat leerders die skool gereeld bywoon. Indien ‘n leerder om die een of ander rede afwesig is, moet hy/sy, wanneer hulle weer die skool bywoon, ‘n brief ter verduideliking bring.
DAAGLIKSE BUSDIENS
‘n Skoolbusdiens met ‘n vasgestelde roete vir dagleerders is beskikbaar. Skakel die skool vir meer inligting.
SELFONE
Geen selfone is toelaatbaar tydens skoolure nie, behalwe in opdrag van ‘n onderwyser vir onderwysdoeleindes. Selfone kan afgeneem word vir ‘n week.
| 2025 Fooie | |
|---|---|
| Skoolgelde | R22,600.00 |
| Eerste Paaiement | R2,100.00 |
| Per Maand | R2,050.00 |
| Per Kwartaal | R5,125.00 |
| Skoolbusse | |
| Dorps per kaartjie | R140.00 |
| Tuisnaweek | R515.00 |
| Welpie Kamp | R230.00 |
| Lockers | R160.00 |
Skooldrag
Dit is vir ons belangrik dat ons leerders netjies en mooi in ons skool- en sportdrag moet vertoon. Die dra van ons skoolbaadjie (blazer) is verpligtend vir alle leerders tydens saalopening. Alle leerders moet ook die voorgeskrewe Gimmie-rugsak gebruik.
Verskaffers van skool- en sportdrag:
Gimmie-Klerekas
Alle skool- en sportklere is beskikbaar by die Gimmie-Klerekas, wat op die skoolterrein geleë is.
Klerekas-ure
Dinsdae en Donderdae tydens pouse
Maandae tot Donderdae van 14:00 tot 15:00
Indien daar enige spesiale tye is, sal dit op ons sosiale media gedeel word.

Seuns
Somer
- Wit skoolhemp met sakwapen. ’n Das moet saam met ’n langmou-dashemp gedra word.
- Grys lang- of kortskoolbroek.
- Grys sokkies.
- Swart toerygskoene van gladde leer – nie stewels of skoene met gespes en gekleurde stiksels nie.
- Oortrektrui (“pull over”).
- Die skoolbaadjie is verpligtend tydens saalopening.
Winter
- Skoolbaadjie (blazer) – verpligtend.
- Langmoutrui en oortrektrui word onder die skoolbaadjie toegelaat.
- Wit dashemp.
- Skooldas.
- Grys langbroek.
- Skoene en sokkies soos by somerdrag.
- Donkerblou skoolserp is opsioneel – word slegs saam met baadjie gedra.
Skoolsakke
- Die voorgeskrewe skooltasse en rugsakke is by die verskaffer beskikbaar.
- Geen ander tasse word toegelaat nie.
- Slegs die leerder se naam mag op die buitekant van die tas aangebring word.
Dogters
Somer
- Blou skoolrok (lengte: hoogstens 12 cm vanaf grondoppervlak, soos gemeet terwyl dogter op haar knieë staan).
- Wit hemp met oopslaankraag. ’n Das moet saam met ’n langmou-dashemp gedra word.
- Wit enkelsokkies.
- Swart toerygskoene of skoolskoene met bandjie.
- Donkerblou of swart haarrekkies, linte en haarknippies. Geen verlengstukke word toegelaat nie, ongeag of dit gevleg is of nie.
- Oortrektrui (“pull over”).
- Die skoolbaadjie is verpligtend tydens saalopening.
Winter
- Skoolbaadjie (blazer) – verpligtend.
- Langmoutrui en oortrektrui word onder die skoolbaadjie toegelaat.
- Wit dashemp.
- Skooldas.
- Blougeruite skoolrok en lang, swart kouse of grys langbroek (dogtersnit) en grys sokkies.
- Skoene soos by somerdrag.
- Donkerblou skoolserp is opsioneel – word slegs saam met baadjie gedra.
- Donkerblou of swart haarrekkies, linte en haarknippies. Geen verlengstukke word toegelaat nie, ongeag of dit gevleg is of nie.
