kOSHUIS

Koshuise

Ons beskik oor twee moderne, netjiese koshuise, nl. Songoud (seuns) en Aristo (meisies en laerskool). Ons koshuise bied professionele toesig. Dit is ‘n tweede tuiste vir ons leerders. Die koshuise word daagliks skoongemaak en Feedem, ‘n privaat spysenieringsmaatskappy, is verantwoordelik vir die voorbereiding van alle voedsel. Die seuns en meisies eet heerlik saam in ‘n gemeenskaplike eetsaal.

Losiesgeld
Losiesgeld is kwartaalliks vooruitbetaalbaar by die skool. Die losiesgeld word van jaar tot jaar gedurende Oktober vasgestel.

Tuisnaweke
Gewoonlik word twee tuisnaweke per kwartaal in samewerking met ons buurskole gereël. Tydens tuisnaweke word busvervoer vir leerders na Beaufort-Wes beskikbaar gestel. Om van hierdie vervoer gebruik te maak, moet leerders vooraf by die skool bespreek en betaal.

Daar word nie net aan die goeie presteerders aandag gegee nie. Alle leerlinge, veral moontlike druipelinge, ontvang spesiale aandag en hulp sodat hulle ook suksesvol kan wees in hulle studie.

2025

Losiesgelde vir 2025
Losiesgelde R34,000.00
Fonds R100.00
Breekskade deposito R500.00
Per maand R3,400.00
Per kwartaal R8,500.00
Yskas per jaar R500.00

Koshuisgeskiedenis

Uit Krismiskinders deur CJ Langenhoven is die name van die twee koshuise, ARISTO en SONGOUD, gebore. Hierdie verhaaltjie van die egpaar wat lank kinderloos was en drie krismiskinders as kersgeskenke ontvang het, speel hom langs die boloop van die Grobbelaarsrivier naby die Kango Grotte af.

Net soos die Krismisouers lank vir kinders gewag het en toe ’n dogtertjie, Talie, en vyf jaar later twee boeties, Aristo en Songoud, ontvang het, het die destydse HTS ongeveer 31 jaar gewag om sy nuwe skoolkompleks en twee identiese koshuise net voor Kersfees 1976 te ontvang.

Die motief by die gee van die twee name in Krismiskinders was godsdienstig van aard en was gemik op Kersfees en Sondag. Só wil ons ook steeds die Christelike beginsels by die inwoners van hierdie geboue inskerp.

Die identiese twee koshuise simboliseer ARISTO en SONGOUD wat ’n gelukkige tweeling was. Hulle was twee voorbeeldige en gehoorsame kinders, baie talentvol en karaktervas, elkeen met ’n besonderse rigting waarin hy belang gestel het.

ARISTO se verbeelding is aangewakker deur sy liefhebbery, naamlik poësie en die skryfkuns. Hy het met woorde geskep en gebou. Hy is opgevoed en rigting gegee deur middel van die taal wat die alfa en omega van alles is. Elke inwoner van ARISTO en SONGOUD moet sy taal gebruik om sy kennis oor te dra.

SONGOUD se groot liefde was vir sy omgewing en die natuur. Dit is gepas dat sy naam voortleef in een van die koshuise wat so knus aan die oewer van die Grobbelaarsrivier geleë is. Hy kon die helder kleure van die natuur indrink, die son en skadu waarneem en met sy hande sy gedagtes op doek deur verf en kwas vaslê.

Albei kinders was gretig om te leer en het skitterende onderrig gehad deur gespesialiseerde en knap leermeesteresse, Minerva en Ourora.

ARISTO en SONGOUD is uit die klein, beskermde kring van hulle ouerhuis weggeneem om hulle talente aan die onbekende wêreld uit te dra. Volgens die verhaaltjie het hulle uiteindelik in die diepste donkerte van die Kango Grotte beland. Dit is vir die skool ’n eer om weer hul name, en dié van hul skepper, te laat voortleef.

Science Lab Building

New York, USA

Long Gate Bridge

Malmo, SE

Enix Lawyer Building

Toronto, CA

Deep Sea Bridge

Athens, GR

Car Tech Building

Denver, USA

Nctech Building

Texas, USA

Vax Tech Building

Ontario, CA

Food Lab Building

Athens, GR