Akademie
Akademie en Vakkeuses
Die hartklop van die skool en die sleutel van jou toekoms. By die skool word hoë prioriteit aan die akademie gegee. Die personeel is ervare en is hoogs gemotiveerd om die beste resultate te lewer. Daar word jaarliks hoogstaande prestasies gelewer. Daarvan getuig die vorige jare se uitslae en onderskeidings.
Daar word nie net aan die goeie presteerders aandag gegee nie. Alle leerlinge, veral moontlike druipelinge, ontvang spesiale aandag en hulp sodat hulle ook suksesvol kan wees in hulle studie.
Belangrike gegewens i.v.m. leerareas aangebied in graad 8 & 9:
• Afrikaans Huistaal
• Engels Huistaal of Engels Eerste Addisionele Taal
• Lewensoriëntering
• Wiskunde
• Sosiale Wetenskappe (Geskiedenis en Aardrykskunde)
• Natuurwetenskappe (Wetenskap en Biologie)
• Ekonomiese Bestuurswetenskappe (Rekeningkunde en Besigheidstudies)
• Tegnologie (insluitend Tegniese Tekene)
• Skeppende Kunste
Gedurende graad 8 en 9 word belangrike vaardighede en vakkennis ter voorbereiding vir die VOO-fase in elke leerarea gevestig.
Basiese vakkennis vir sleutelvakke soos Wiskunde, Lewenswetenskappe, Fisiese Wetenskappe en Rekeningkunde is vir ons van belang.
As deel van hierdie kurrikulum word leerders ook onderrig in:
• Rekenaarvaardighede
• Entrepreneurskap
• Ontwerp en bou van Tegnologie-projekte
VAKKEUSE GR. 10 – 12
Leerders kies ‘n studierigting en dan een vak uit elk van die sewe groepe.
Algemene Studierigting
- Afrikaans Huistaal
- Engels Huistaal
Engels Eerste Addisionele Taal - Lewensoriëntering
- Wiskunde
Wiskundige Geletterdheid - Fisiese Wetenskappe
Besigheidstudies
Toerisme
Ontwerp - Rekeningkunde
Rekenaartoepassingstegnologie
Landbouwetenskappe
Gasvryheidstudies - Ingenieursgrafika en Ontwerp
Geografie
Lewenswetenskappe
Rekenaartoepassingstegnologie
Inligtingstegnologie
Tegniese Studierigting
- Afrikaans Huistaal
- Engels Huistaal
Engels Eerste Addisionele Taal - Lewensoriëntering
- Wiskunde
Tegniese Wiskunde - Fisiese Wetenskappe
Tegniese Wetenskappe - Meganiese Tegnologie: Pas- en draaiwerk
Siviele Tegnologie: Houtbewerking
Elektriese Tegnologie: Elektrisiënswerk - Ingenieursgrafika en Ontwerp
Wiskunde Ekstra Klasse
Langenhoven Gimnasium bied ekstra wiskunde klasse vir alle leerders aan. Die ekstra klasse word deur die wiskunde personeel op ‘n weeklikse basis aan gebied aan leerders wat dit nodig het. Die skool beskik ook oor fasiliteite waar leerders teen betaling Master Maths en Master Science kan doen.
Langenhoven Gimnasium is ook ‘n sentrum vir Admaths. Hier word leerders wat wiskunde vir verdere studies benodig, aangemoedig om addisionele wiskunde te doen.
MASTER MATHS
Master Maths is ‘n uitstekende produk, aangesien dit tred hou met die nuutste tendense en tegnologie. Dit voldoen aan al die vereistes wat in sillabusse gestel word en laat ook ruimte vir die nodige verryking. Dit is uniek in die sin dat dit persoonlike kontak van ‘n tutor integreer met interaktiewe rekenaarmodules. Die rekenaar verduidelik die les ouditief en visueel, terwyl die werk daarna ook weg van die rekenaar ingeoefen word.
Ons streef daarna om alles uitnemend te doen. Kwaliteit individuele onderrig wat alle leervoorkeure in ag neem, word gebruik. Individuele behoeftes word dus raakgesien en in ag geneem wanneer ons ‘n leerder begelei om hul punte te verbeter. Dit is vir ons belangrik dat leerders ‘n liefde vir wiskunde opbou en die nodige selfvertroue en wiskundevaardighede ontwikkel.
Master Maths Oudtshoorn het al vanaf 2002 ‘n suksesvolle werksverhouding met Langenhoven Gimnasium. Hulle is in die tegniese afdeling geleë en kan by
044 272 8673 / 082 725 3209 / oudtshoorn@mastermaths.co.za / www.mastermaths.co.za gekontak word.
Prestasie-erkenning
Beloon Toppresteerders
Ons weet dat om hoërskool toe te gaan, gepaardgaan met hoë onkoste. Ook weet ons dat hoëvlak prestasies en deelname baie duur is. Hier by Langenhoven Gimnasium gryp ons in en beloon ons dié wat ons skool se trotse beeld uitdra.
Graad 7-leerders wat op akademiese, kulturele, leiers- of sportgebied presteer, kan kwalifiseer vir prestasie-erkenning. Die prestasie-erkenning is deel van die aansoekvorm om toelating tot die skool. Dit word outomaties toegeken aan graad 7-leerders indien die vorm volledig voltooi is.
Dié prestasie-erkenning is geldig vir ’n jaar en word slegs aan graad 8-leerders toegeken vir prestasies in graad 7 behaal. Gr. 9 tot 12-leerders word jaarliks volgens vasgestelde kriteria beloon vir prestasies by Gimmies behaal. Leerders moet jaarliks, aan die begin van die jaar, aansoek doen om erkenning vir die vorige jaar se prestasies te kry.