Wiskunde Ekstra Klasse

Langenhoven Gimnasium bied ekstra wiskunde klasse vir alle leerders aan. Die ekstra klasse word deur die wiskunde personeel op ‘n weeklikse basis aangebied aan leerders wat dit nodig het. Die skool beskik ook oor fasiliteite waar leerders teen betaling Master Maths en Master Science kan doen.

Langenhoven Gimnasium is ook ‘n sentrum vir Admaths. Hier word leerders wat wiskunde vir verdure studies benodig aangemoedig om addisionele wiskunde te doen

MASTER MATHS

Master Maths is ‘n uitstekende produk, aangesien dit tred hou met die nuutste tendense en tegnologie. Dit voldoen aan al die vereistes wat in sillabusse gestel word en laat ook ruimte vir die nodige verryking. Dit is uniek in die sin dat dit persoonlike kontak van ‘n tutor integreer met interaktiewe rekenaarmodules. Die rekenaar verduidelik die les ouditief en visueel, terwyl die werk daarna ook weg van die rekenaar ingeoefen word.

Ons streef daarna om alles uitnemend te doen. Kwaliteit individuele onderrig wat alle leervoorkeure in ag neem, word gebruik. Individuele behoeftes word dus raakgesien en in ag geneem wanneer ons ‘n leerder begelei om hul punte te verbeter. Dit is vir ons belangrik dat leerders ‘n liefde vir wiskunde opbou en die nodige selfvertroue en wiskunde vaardighede ontwikkel.

Master Maths Oudtshoorn het al vanaf 2002 ‘n suksesvolle werksverhouding met Langenhoven Gimnasium. Ons is geleë in die tegniese afdeling en kan gekontak word by 044 272 8673 / 082 725 3209 / oudtshoorn@mastermaths.co.za / www.mastermaths.co.za