Vakkeuses

Die hartklop van die skool en die sleutel van jou toekoms. By die skool word hoë prioriteit aan die akademie gegee. Die personeel is baie ervare en is hoogs gemotiveerd om die beste resultate te lewer. Daar word jaarliks hoogstaande prestasies gelewer. Daarvan getuig die vorige jare se uitslae en onderskeidings.

Daar word nie net aan die goeie presteerders aandag gegee nie. Alle leerlinge, veral moontlike druipelinge, ontvang spesiale aandag en hulp sodat hulle ook suksesvol kan wees in hulle studie.

 BELANGRIKE GEGEWENS I.V.M. LEERAREAS AANGEBIED IN GRAAD 8 & 9

  • Afrikaans Huistaal
  • Engels Huistaal of Engels Eerste Addisionele Taal
  • Lewensoriëntering
  • Wiskunde
  • Menslike en Sosiale Wetenskappe (Geskiedenis en Aardrykskunde)
  • Natuurwetenskappe (Wetenskap en Biologie)
  • Ekonomiese Bestuurswetenskappe (Rekeningkunde en Besigheidstudies)
  • Tegnologie (insluitend Tegniese Tekene)
  • Skeppende Kunste

Gedurende graad 8 en 9 word belangrike vaardighede en vakkennis ter voorbereiding vir die VOO-fase in elke leerarea gevestig.

VAKKEUSE GR. 10 – 12

Leerders kies ‘n studierigting en dan een vak uit elk van die sewe groepe.

Algemene Studierigting

  1. Afrikaans Huistaal
  2. Engels Huistaal
    Engels Eerste Addisionele Taal
  3. Lewensoriëntering
  4. Wiskunde
    Wiskundige Geletterdheid
  5. Fisiese Wetenskappe
    Besigheidstudies
    Toerisme
    Ontwerp
  6. Rekeningkunde
    Rekenaartoepassingstegnologie
    Lewenswetenskappe
  7. Gasvryheidstudies

  8. Ingenieursgrafika en Ontwerp
    Geografie
    Lewenswetenskappe
    Rekenaartoepassingstegnologie
    Inligtingstegnologie
Tegniese Studierigting

  1. Afrikaans Huistaal
  2. Engels Huistaal
    Engels Eerste Addisionele Taal
  3. Lewensoriëntering
  4. Wiskunde
    Tegniese Wiskunde
  5. Fisiese Wetenskappe
    Tegniese Wetenskappe
  6. Meganiese Tegnologie: Pas- en draaiwerk
    Siviele Tegnologie: Houtbewerking
    Elektriese Tegnologie: Elektrisiënswerk
  7. Ingenieursgrafika en Ontwerp