Skooldrag

Dit is vir ons belangrik dat ons leerders netjies en mooi in ons skool- en sportdrag moet vertoon. Die dra van ons skoolbaadjie (blazer) is verpligtend vir alle leerders tydens saalopening. Alle leerders moet ook die voorgeskrewe Gimmie-rugsak gebruik.

Verskaffers van skool- en sportdrag:
De Jagers
Olivierstraat 15
Oudtshoorn
6625

Telefoonnommer:   (044) 272 8487

Seuns
Somer

  • Wit skoolhemp met sakwapen. ’n Das moet saam met ’n langmou-dashemp gedra word.
  • Grys lang- of kortskoolbroek.
  • Grys sokkies.
  • Swart toerygskoene van gladde leer – nie stewels of skoene met gespes en gekleurde stiksels nie.
  • Oortrektrui (“pull over”).
  • Die skoolbaadjie is verpligtend met saalopening.

Winter

  • Skoolbaadjie (blazer) – Verpligtend.
  • Langmoutrui en oortrektrui word onder die skoolbaadjie toegelaat.
  • Wit das-hemp.
  • Skooldas.
  • Grys langbroek.
  • Skoene en kouse soos by somerdrag.
  • Donkerblou skoolserp is opsioneel. – word slegs saam met baadjie gedra.
Dogters
SOMER

  • Blou skoolrok (lengte: hoogstens 12 cm vanaf grondoppervlak, soos gemeet terwyl dogter op haar knieë staan).
  • Wit hemp met oopslaankraag. ’n Das moet saam met ’n langmou-dashemp gedra word.
  • Wit enkelsokkies.
  • Swart toerygskoene of skoolskoene met bandjie.
  • Donkerblou of swart haarrekkies, linte en haarknippies. Geen verlengstukke word toegelaat nie, ongeag of dit gevleg is of nie.
  • Oortrektrui (“pull over”).
  • Die skoolbaadjie is verpligtend met saalopening.

Winter

  • Skoolbaadjie (blazer) – Verpligtend.
  • Langmoutrui en oortrektrui word onder die skoolbaadjie toegelaat.
  • Wit das-hemp.
  • Skooldas.
  • Blougeruite skoolrok en lang, swart kouse of grys langbroek (dogtersnit) en grys sokkies.
  • Skoene soos by somerdrag.
  • Donkerblou skoolserp is opsioneel – word slegs saam met baadjie gedra.
  • Donkerblou of swart haarrekkies, linte en haarknippies. Geen verlengstukke word toegelaat  nie, ongeag of dit gevleg is of nie.
Skoolsakke
  • Die voorgeskrewe skooltasse en rugsakke is by die verskaffer beskikbaar.
  • Geen ander tasse word toegelaat nie.
  • Slegs die leerder se naam mag op die buitekant van die tas aangebring word.
Sportdrag
Liggaamlike Opvoeding (Komponent van Lewensoriëntering)

  • Donkerblou kortbroekie.
  • Blou GIM-sporthemp.
  • Sportskoene en kort wit, sokkies (opsioneel)
  • Skoolsweetpakbroek (donkerblou) en sportbaadjie.

Alle sportsoorte

  • Donkerblou kortbroek.
  • Skoolsportsak.
  • Donkerblou skoolsweetpakbroek.
  • Sportbaadjie.
  • Blou Gim-sporthemp.
  • Kort donkerblou (navy) “ski-pants” onder rompie en kortbroek – opsioneel.

Elke sportsoort het voorgeskrewe drag wat deur die betrokke sportorganiseerder aan die leerders deurgegee sal word.