Prestasie-erkenning

Ons weet dat om hoërskool toe te gaan, gepaardgaan met hoë onkoste. Ook weet ons dat hoëvlak prestasies en deelname baie duur is. Hier by Langenhoven Gimnasium gryp ons in en beloon ons, met dankbaarheid, dié wat ons skool se trotse beeld na buite uitdra en gaan uitdra.

Graad 7-leerders wat op akademiese, kulturele, leiers- of sportgebied presteer, kan kwalifiseer vir prestasie-erkenning. Die prestasie-erkenning is deel van die aansoekvorm om toelating tot die skool. Dit word outomaties toegeken aan graad 7-leerders indien die vorm volledig voltooi is.

Dié prestasie-erkenning is geldig vir ’n jaar en word slegs aan graad 8-leerders toegeken vir prestasies behaal in graad 7. Gr 9 tot 12-leerders word jaarliks volgens vasgestelde kriteria beloon vir prestasies by Gimmies behaal. Leerders moet jaarliks, aan die begin van die jaar, aansoek doen om erkenning vir die vorige jaar se prestasies.