Oudleerders

Die Gimmie Gilde is een van die sierade van die skool, wat funksioneer onder die Minerva Trust. Die entoesiasme en toegewydheid van die oudskoliere dien as ‘n steunpilaar vir die opvoeders en leerders van Langenhoven Gimnasium.

Met die samesmelting van die ou HTS en Hoerskool CJ Langenhoven, is Langenhoven Gimnasium tot stand gebring. Oud leerders van al die skole is deel van die Gimmie Gilde.

Die Gilde beywer hulle vir projekte waaruit die groter groep leerders deurgaans voordeel trek, byvoorbeeld die aanbring van spreiligte, aankoop van rekenaars, verbetering van die geboue, ens. Die voorsitter van die trust is dr. J.J Smith, en mnr. Piet Kleyn die o/voorsitter.

Registrasie

Oudskoliere moet jaarliks registreer. By registrasie word u naam op die lys geplaas en inligting en nuus op ‘n gereelde grondslag aan u deurgegee. Onthou om u kontakbesonderhede (én die van ander Oudgimmies of HTS-leerders) aan ons deur te gee.

Bydraes

Ons het dit goed gedink om die bydraes maklik te maak, deur die volgende maniere

R50 per maand aftrekorder by jou bank, direk in ons bankrekening – invul van registrasievorm word benodig.

R1500 lidmaatskap vir 3 jaar.

R5000 PLATINUM LEWENSLANGE LIDMAATSKAP. Jou naam sal op die lidmaatskapbord in die klubhuis verskyn.

Stuur gerus ‘n e-pos aan oudgimmies@lgim.co.za, en ons sal met jou kontak maak.