Gimmie-Nuus: Uitgawe 16/2021

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Beste Ouers, Personeel en Leerlinge

Die afgelope naweek het ons fietsryers baie mooi presteer. Baie geluk aan die leerders.

Daar is ‘n gesegde wat sê dat die lewe soos fietsry is, jy kan net staande bly as jy vorentoe beweeg. Hier by Langenhoven Gimnasium is ons besig om volstoom vorentoe te beweeg. Die grootste deel van ons assesseringsprogram vir die kwartaal vind in die volgende drie weke plaas. Ons wens al ons leerders sterkte toe daarvoor en hoop dat dit goed sal gaan met elke leerder. Die skoolure vir die tydperk van assessering bly soos normaal en leerders meld elke dag by hul onderskeie punte aan en sal daar gesaniteer word. Die assesserings vind aan die einde van elke skooldag plaas en ons verwag van al ons leerders om die dag wat hul geassesseer word by die skool te wees.

Ek wens almal ‘n baie lekker naweek toe. Steek maar ‘n ou lekker vuurtjie aan en geniet die braaivleisie.

Geniet u naweek.

Vriendelike groete.

Alewyn Vorster