Skoolbeheerliggaam (SBL)

Die beheerliggaam strewe daarna om deurgaans in die beste belang van die leerders, opvoeders en ouers van die skool te dien en om vir die kinders ‘n leeromgewing te skep waar hulle hulself kan uitleef, akademies, op sport- en kultuurvlak en sodoende te leer om, na skool waar hulle ook al gaan, ‘n verskil te maak.

Ons is baie trots daarop dat die skool se geheelskoolevaluering uitstekende, bo gemiddelde uitslae gelewer het wat aandui dat die skool se bestuur meer as voldoen aan die Wes-Kaap Onderwys Departement se vereistes. Hierdie bestuurstyl dra by tot die optimalisering van die skool se bronne en finansies om vir ons kinders net die beste tegnologie, geriewe en fasiliteite daar te stel. Dit gaan gepaard met die aanstel van onderwysers, wat spesialiseer in hul verskeie vak gebied, wat van alle beskikbare bronne optimaal gebruik maak en nie net die kinders onderrig nie, maar ook die wil het om ʼn verskil in elke kind se lewe te maak.

In ‘n tyd waar dissipline op skool ‘n groot uitdaging is, het die skool ‘n gedragskode/dissipline stelsel ingestel wat deur elke leerder en sy ouers onderteken word en die reëls en riglyne duidelik uiteensit. Dit maak dit dus maklik vir elke leerder en sy/haar ouers om binne die grense van die skool se gedragsreëls te beweeg.

Die huidige beheerliggaam sal voortgaan om op ‘n omgewing van uitnemendheid te bou en dit te koester met die beste belang van Langenhoven Gimnasium en al die leerders in gedagte. Dit is vir my ‘n groot voorreg om met so ‘n professionele en toegewyde span te werk en is vir my ʼn besonderse geleentheid om een van die beste skole in die Suid-Kaap op hierdie manier te dien.

Johannes Delport
Beheerligaam-voorsitter
 

Lede

Johannes Delport: Voorsitter
Andries Potgieter: Ondervoorsitter, Sport
George Kuyler: Tesourier
Carel Herholdt: Bemarking
Mandy Potgieter: Koshuis
De Villiers Viljoen: Infrastruktuur en veiligheid
Leon Delport: Dissiplinêre komitee
Stephanus Potgieter: Skoolhoof
Alewyn Vorster: Personeelverteenwoordiger
Annelie Knoetze: Sekretaresse, Personeelverteenwoordiger
Anel van Wyk: Verteenwoordiger vir nie-opvoeders
Franke du Plooy: VRL-verteenwoordiger
Tanya Smit: VRL-verteenwoordiger