Aansoekvorms is by die skool op skriftelike, telefoniese en persoonlike aanvraag verkrygbaar.
Inskrywings vind vanaf 1 Februarie – 11 Maart van die voorafgaande jaar plaas. Om teleurstelling te voorkom, word u versoek om u aansoek vroegtydig in te dien.
Vir die inskrywing moet u asseblief die volgende voltooi:
- Aansoekvorm vir toelating tot die skool
- Aansoekvorm vir toelating tot die koshuis (indien van toepassing)
- Aansoekvorm vir korting op of vrystelling van onderriggeld (indien van toepassing)
- Aansoekvorm vir prestasie-erkenning (indien van toepassing)
- Afskrifte van: geboortesertifikaat of identiteitsdokument; jongste eksamenuitslae of skoolrapport. Die gr. 6-vorderingsverslag MOET ’n gr. 8-aansoek vergesel.
- Ontvangserkenning van die gedragskode
Aansoekvorms
Skoolaansoekvorm
Koshuisaansoekvorm
Aansoeke vir 2022 moet soos volg hanteer word:
- Aanlyn – http://admissions.westerncape.gov.za/qaadmissions/login
- Asook voltooide aansoekvorm by die skool ingehandig binne 14 dae na aanlyn aansoek
Beide wyses van aansoek moet van die laaste rapport en geboortesertifikaat vergesel word.
Sluitingdatum: 26 Maart 2021