Aansoekprosedures & Inskrywings
Aansoekprosedures & Inskrywings
Aansoek om toelating tot Langenhoven Gimnasium.
Aansoeke kan in twee maklike stappe voltooi word.
(Beide stappe is verpligtend.)
Stap 1: WKOD-aanlynregistrasie
Vir die WKOD-aanlynregistrasie moet u die
- WKOD-aanlynaansoek voltooi.
- Afskrifte aanheg van: geboortesertifikaat of identiteitsdokument EN nuutste eksamenuitslae of skoolrapport. (Die gr. 6-vorderingsverslag MOET ’n gr. 8-aansoek vergesel.)
Stap 2: Skool se aanlynregistrasie
Vir die skool se aanlynregistrasie moet u
die skool se aanlynaansoek voltooi.
op dié aansoek aandui as u koshuisverblyf benodig
afskrifte aanheg van: geboortesertifikaat of identiteitsdokument EN nuutste eksamenuitslae of skoolrapport.